Somerbelofte Silwer
ek sien die spookasemgeur van perskepuntjies
hulle koppies opdraai in volle blom,
voel die warm sang van nuwe vrug
wat die somerson verwelkom
fynvlerk bloeiknop ballerinas baljaar in die wind
ek hoor die witvlekvlerkies van ‘n blommekind,
ek ruik die roesbruin kleur van ou kromhout
proe die heuning in kleure van geel en goud
‘n nuwe seisoen wat stilweg ontvou
In kleurontploffing verdwyn wintergrou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2021 – Positiwiteit projek