Soms wil niemand jou hê.
ʼn Stukkie niks, lyk soms na niks,
met afguns word jy gehoon.
Is ʼn verborge skat weggelê,
maar tog wil hulle jou hê.
Hulle breek jou af tot niks,
ja, na daardie stukkie niks.
Word eie aan jou toegesê,
wil soms niemand hê.
Maar in eie reg,
lê ʼn ongeslypte diamant.
Maar niemand wou dit ontgin
word jy geslyp en poleer
ontwaak dit in ʼn Perfekte Diamant.
3 Kommentare
-
neels
Groot waarheid hier arnold
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
die lewe poleer ons elke dag tot die volmaaktheid, baie mooi gepen