Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: soos konfetti

Deur Roeline
Datum gepubliseer: 23 Junie 2021 Aantal woorde: 93 144 Kere gelees 3

soos konfetti

snyend is die wind so skraal
sneeu gestrooi oor die land
eensame bome koud gebrand
struike bibber en is so kaal

waterstrome treur in ‘n reguit paal
vorm woelend met die riviere ‘n band
die nat vreet die ou blomme tot sand
winter het vir somer ingehaal

o Heer, ek is net ‘n mens
soos winter is ek koud en nat
ek is deurmekaar en hoor my skreeu

o Heer, luister na my wens
vorm my in ‘n yskoninginskat
strooi my sonde soos konfetti oor die sneeu

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 67
Kommentaar telling: 18

Werk by Universiteit Stellenbosch en vang my PhD graad in Grondkunde aan die einde van 2021.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 185 gaste aanlyn

Bydraes – Argief