Jongste aktiwiteit:

SOSIAAL / SOSIALITEIT

Sosiaal / Sosialiteit

Uit die latynse woord societas, wat geselskap of verband beteken, kom ons leenwoord sosiaal, en dit dui iets aan wat met die geselskap te doen het, dit wil sê van of uit die groep kommend, tot die bond of vereniging gehorend. Ons het nie „sosiëtas” oorgeneem nie, maar ek het lank gelede êrens die woord „sosiëteit” gelees, waar dit klub of vereniging beteken het.

Sosiaal is ‘n neutrale, onpartydige begrip en kan sowel in positiewe as negatiewe sin verstaan word. Die woord dui op ‘n interaksie, ‘n aanmekaar, metmekaar of ondermekaar van mense – of diere of plante – in ‘n groep. Ook op ‘n teenmekaar, sodat anti-sosiaal ook ‘n sosiale aangeleentheid is: Om teen of binne-in die groep te stry is om iets met die groep te doen te wil hê, iets negatiewes; daarteenoor is dan die positiewe begrip pro-sosiaal, dus „ten gunste van die geselskap”.
En die sosialiteit? Dit het iets te doen met die sosiale organisme as geheel, met alle aspekte van die geselskap, met die gesamtheid van die verbond; miskien soos ons „Op die keper beskou” sê, wanneer ons ‘n hele aantal faktore saamvattend in oënskou wil neem — alle, as dit moontlik is. In ons samehang wil dit sê: Liefde en toegeneëntheid, haat en nyd, ouderdom, gesleg, verskillende verhoudinge en bindings binne ‘n bevolkering… As ons óns geselskap beskou, sien ons eerstens ‘n klompie verskille en onderskeide: Ouderdom en gesleg, opvoeding, rykdom en armoede, religieuse oortuiging, veral die spanning tussen die „rasse”, ook dié tussen groepe binne ‘n „ras”: Politiek, taal, geloof… Lank hoef ‘n mens dog nie te soek voor jy ‘n paar ooreenkomste by die bevolkering vind nie: Geesdrif vir sport, vaderlandsliefde, drang tot selfmoord op die paaie,… Dan vang dit aan moeilik te word om soortgelyke eienskappe te vind. In ons tyd en land geld dit om die ooreenkomste te soek, waar te neem en uit te bou. Nie dat ons verskille mag missien nie, maar dat ons dit begryp en ‘n regte verhouding daartoe verskaf. Met ‘n bewussyn van wat vals of onreg is, kan ons regtes doen. As ‘n kleuter van sonde onbewus is, kan hy nie sondig nie – maar ook nie goeie werke doen nie.
Die grootste ooreenstemming is die algemene menslikheid, wat ons almal aankleef, wat elkeen eie is. As ek dit kan waarneem en beleef, kan ek dié verskille wat ek gewaargeword het, verdra, sonder dat ek onder druk kom. Let asseblief wel, dat ek nie hier besig is om integrasie pleks van segregasie — of omgekeerd — te preek nie: Wat ek wel pledeer, is om die oë oop te hou en die eie mening te laat ontwikkel tot hy ryp is en vrugte afgee. As iemand dán van mening is dat een soort mens beter of slegter is as ‘n ander – en hy het dit uit sy eie self voortgebring – kan ek (of jy of iemand anders) saamstem of ‘n ander mening hê, en ons kan dit aantwyfel of daarteen stry en hom probeer oortuig, en hy vir ons, maar ons kan dit slegs goedkeur dat hy sy eie gedagtes het én dit uitspreek. In ‘n mate is dit wat nou met die tiener- en jong-volwassene-generasie gebeur. En hul gebruik van die afrikaanse taal behaag mý nie maatloos, grensloos nie. En dit hóéf my nie onvoorwaardelik te behaag nie.
Maar ek ís bly dat hulle die moed het om hulle oortuigings te soek en uit te spreek – dit wat vele van my jaargang nie gewaag het nie.

(Sosialisme is ‘n geselskapsmoontlikheid of -model, wat deur Karl Marx ontwerp en in die praktyk omgeset is; dis ‘n soort patentwoord, wat ‘n eie bestaan voer – nog altyd in die raamwerk van die begrip geselskap.)

©1e.Julie2016……………………—ooOoo—…………….[in 2005 geskryf].tje




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed