
Springkaan Pes
kruip uit eiers
groei tot lopers
tot derduisende in die veld
vreet alles groen bruin kaal
sprei dan vlerke
oor die veld
individue verdwyn
in sonskerm swerms
verslaaf aan die gesamentlike mag
verander groen groei
tot homogene bruin
oor die veld
uit ou ou stories
groei geloof diep gewortel
eers beperk tot enkel stam
dan sprinkaan liturgieë
as enigste hemel poort
oor die veld
gelowige oë dreig
kom saam of vergaan
gemeenskap kollektief verslaaf
verloor die ek las
reëls en god heers
oor die veld
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.