Jongste aktiwiteit:

STAAN IN JOU WERKSKOENE

Japie Claasen het deur sy lewe tot en met sy dood gesê , “n arm man is n rykman se hond.”
Wat sou dit beteken ? Dit beteken solank jou hande n ander man ryk kan maak sal hul jou gebruik en die laaste krag uit jou gesplinterde bene en ouderdom tap. Die gewilligste donkie kry die hardste slae. Hoe harder jy werk hoe harder sal jy gedruk word om nog harder te werk nog meer ure in the sit al beteken dit minder tyd by jou vrou en kinders.
Ons sloof ons af in ons werkskoene om n beter lewe vir ons familie te gee. Dan as jy ouer is besef jy die beter lewe het nie gekom nie, nee jy het jouself in tyd beroof.
Tyd saam jou geliefdes, tyd met God. Hoeveel keer het jy woordeloos in die swygende nagtelike ure agter n stuurwiel gebid ?
Hoeveel kilometers het jy uitgeput op jou lewensklok gesit ?
Alles is n gejaag na wind en kom tot niks. Alles wat jy opgaar roes die motte vreet dit gaar en die res lê en stof opgaar, maar die een ding wat jy nie kan bêre nie is tyd.
As dit verby is Dan is dit verby. Jy kan dit nie inhaal nie, maar tyd kan jou inhaal as die klok slaan vir jou sterwens uur.
Tyd staan nie stil nie dit wag vir niemand nie. Tog is tyd kosbaar , hoe jy dit spandeer en met wie .
Vat tyd in sekondes en lewe net vir nou . Netnou lê dalk nie vir jou beskore . Tel jou seëninge tel hul een vir een.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed