Jongste aktiwiteit:

Stegies

tieners skop bal voor agterdeure
geklee in geskeurde span klere
konfrontasie is al verligting
vir die bang

pleister skilfer skilder
romantiek teen ou stad mure
verhale van oorwinning sterf
in die stink stegie

die enigste lekker hier
is leë toedraaipapiertjies
wat herinner dat hier
eens meer as net vullis was

voor my voete skielik die bal
ń doel skop geleentheid
en die plesier om saam
te skree LADUMA…




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed