Jongste aktiwiteit:

Stilswye wat byt deur Lynelle Clark

“Hulle was so vinnig op ons dat ons net in geskokte stilte kon toe kyk hoe Pa op die mat neergeplof het, sy kop was in twee gesplit; sy growwe hande pers geskuur teen die bindings. Paps het hard probeer om sy familie te red maar dit het ons niks gebaat nie. Hulle het geen genade betoon aan hom in die meëdoenlose afbreek van sy liggaam nie: die oopkloof van sy skedel was eintlik ‘n genade hou wat ek verwelkom het op daardie oomblik. Mamma het nog probeer smeek maar ons kon net hulpeloos toekyk hoe hulle pa Dries verander het van ‘n vorse boer tot ‘n voosgeslane pulp van menswees. Daar was niks heel aan hom nie. Sy bloed het vryelik gevloei oral in die vertrek. Ek het later verstaan dat die hele huis in ons bloed geverf was.” Herman sluk aan die knop in sy keel, en laat sak sy bruin kykers vir ‘n wyle. Nou, na al die jare, is die gebeure van daardie dag nog steeds vars in sy geheue. Hy kug en gaan dan voort met die vertelling wat Internasionale opslae maak.
“Daardie beeld sal my altyd by bly. Die finale slagting het ons aldrie uit ons verslae toestand geruk en Lisa het hard probeer om by paps uit te kom maar die booswigte het haar vasgeklem. Ons angsgille het onbeheersd en aaklig deur die lug geklief. Vrees het ons sinne beroof. Mamma het nog probeer, vir oulaas, haar hande opgelig in ‘n stop teken maar dit was alreeds te laat. Paps was dood.
Soos ‘n rillerfliek het ek die bloedvergieting gade geslaan deur ‘n waas van my eie bloed. My een oog het rondgeswaai. Ten spyte van die pyn wat alles oorheersend was het ek nogtans probeer om kop te hou ter wille van ma en sus. Met haar eie gebroke liggaam het Mamma dwarsoor Lisa se liggaam gaan lê om die waansin te stop maar niks kon hulle keer nie. Soos diere het hulle haar weggeskeur van haar dogter en soos bloedhonde op Lisa neergesak. Een vir een het hulle haar beetgepak en vernietig totdat sy leweloos daar gelê het. Van haar eens natuurlike varsheid het net ‘n verskeurde lyk oor gebly. Ek het geweet dat ek nooit weer haar klokhelder lag sou hoor nie, sy was verewig stil gemaak.
Terwyl dit alles afgespeel het was ek self herhaaldelik met ‘n warm strykyster geslaan en gebrand, my neus was al lankal gebreek, waarvoor ek dankbaar was. Ek kon nie my eie gebrande vleis ruik nie. Elke been in my lyf was vermorsel en met een stil oog moes ek aanskou hoe hulle my beeldskone ma verniel het totdat daar niks oor was van die eens lewenslustige vrou nie.
Teen die tyd was ek nie altyd van alles bewus nie. Soms het ek dood gespeel net vir die tydelike verligting van die mishandeling. Agterna, toe hulle tevrede was met die algehele uitwissing moes ek kyk hoe die vuilgoed kordaat rondloop en kieskierig ons besittings vir hulself toe ëien – vol bravade en arrogansie. Maar die ergste was die absolute argwaan en haat waarmee hulle met elke verby loop op een van die lewelose liggame gespoeg het. My gebreekte kakebeen het my verhinder om te praat maar in stilligheid het ek myself belowe dat ek hulle sou vrek maak. Een vir een sou ek hulle jag en my familie se dood vergeld.”
Die kilheid in Herman se stem het rillings teen die luisteraars se rûe laat afgly. Vergrote fotos van die slagting was tydens die hofsaak telkemale so geplaas dat mense die Boer se koue en metodiese rassehaat kon sien. Dit was wat die meeste mense geglo het, vernaamlik die betogers wat daagliks buite die hof kom betoog het met plakkate van: ‘Boer moet die galg kry’, en ‘Maak dood die massa moordenaar’
Maar tog het getuienisse vorendag gekom wat die teendeel bewys het, hy was glad nie ‘n rasse hater nie. Ten spyte van die gebeure het hy altyd geglo dat elke persoon sy volle deel moet ontvang. Die plaaswerkers het nie geswig onder die gepeupel se gesing van haatspraak slagspreuke nie. Hulle het voet by stuk gehou dat Herman die beste baas was vir wie hulle gewerk het.
“Terwyl ek dood gespeel het, het ek elke gesig bestudeer; elke tatoeermerk, gesigs-detail en liggaamsbou sorgvuldig geliasseer. Elke woord gememoriseer en omdat ek Xhosa verstaan het die gesprek gevolg. Ek sou nooit hierdie mans vergeet nie. Nooit!” die felheid waarmee hy praat ruk die joernaliste se senuwees maar in stilte luister hulle verder. “In pynlike stilte, en met starende oë het ek alles opgeneem en toe hulle uiteindelik pa se bakkie vat en wegry, het ek genoegsaam ontspan net om die helse vuur op my gesig en liggaam te ervaar en in ‘n pyn deurdrenkte koma weg te sink.” Teen die tyd rol die trane van die vorse Boer se wange af en in stilte luister hulle na die droë snikke wat deur hom ruk. Vir ‘n paar sekondes het Herman gesukkel om weer rustig te raak voordat hy aangegaan het.
“Ek weet nie hoe lank ek daar gelê het nie maar ‘n hoesbui het my terug geruk na die hede, die verblindende pyn ‘n onaangename herinnering van waar ek was. Ek was so styf dat ek nie kon beweeg nie. Hulp was buite bereik. My ma se misvormde gesig in my direkte gesigsveld het hees histeriese gille outomaties los geskeur vanuit my binneste. Ek kon nie glo sy was dood nie. Toe ek weg kyk bespeur ek die rooi gloed in die hemelruim deur die venster. Ek het onmiddellik geweet dat dit die skuur was wat gebrand het met die winter-voer waaraan ek en my pa so hard gewerk het. Rook het die huis gevul en die hele plek in ‘n spokerige wasigheid gehul. Ek het stadig omgedraai na daar waar die telefoon op ‘n tafeltjie gestaan het, nie vêr van waar ek gelê het nie, net om agter te kom dat die lyn geknip was. Die tweerigting radio was in die kombuis en op daardie oomblik het dit onbereikbaar vêr gevoel. Ek het hulpeloos gevoel en moes weer weggeraak het want toe ek bykom kon ek die sirenes in die verte hoor en het ek geweet dat hulp oppad was: die bure sou die vuur gesien en gerapporteer het. Met verligting wou ek pa roep maar toe ek my kop draai kyk ek in pa se misvormende gesig vas. Daar was niks herkenbaars oor van hom nie. Droë bloed het sy dik bos hare onnatuurlik laat lyk, sy oopgebarste gesig ‘n gru herinnering van die dag se gebeure. Ek het ontsettend alleen gevoel en geweet dat my hele lewe verander het. Ek weet nie hoekom ek nog geleef het nie: miskien het die wraak my aan die lewe gehou maar ek het baie sleg gevoel daaroor. Normaliteit was nou net ‘n vae droom. Ek het so hard probeer om my ouers en kleinsus se verwronge lyke mis te kyk maar dit het nie gehelp nie. Daardie beeld spook nogsteeds, na 15 jaar voor my.”
Vir ‘n oomblik was daar stilte in die saal waar die onderhoud gevoer was. Elke joernalis het aandagtig gesit en luister. Sommige het trane weg gevee, sommige het net met koue oë na hom gestaar en ander het probeer om weg te kyk terwyl hulle hulself besig hou. Vir lank het elke gesoute joernalis probeer om ‘n onderhoud te kry met die man en hy het eenvoudig geswyg tot vandag toe.
Een joernalis vra smalende: “Kry jy berading daarvoor?”
“Waarvoor?”
“Om weer normaal te voel?”
“Ek het in die begin berading gekry en alhoewel dit beter gaan is die gebeure van daardie dag nog steeds afgeets in my geheue. Dit is onlosmaaklik deel van my, ek sal nooit rerig die pyn en hartseer asook die hoekoms en waaroms verstaan nie. Maar ek probeer om aan te beweeg na die beste van my vermoë.”
“Wie het julle gevind?” vra ‘n vroulike joernalis, haar Amerikaanse aksent duidelik hoorbaar. Kamera ligte het nog nie ophou flits vandat Herman Olivier op die verhoog gestap het nie. Sy regslui en Oom Pieter, langs hom. Toe hy besluit het om terug te keer het hy nie dié stormloop verwag nie en hy moes inderhaas reël vir ‘n prokureur. Toe die media hoor van sy terugkoms vyf dae gelede wou almal met alle mag en mening met hom praat. Sy ontsnapping drie jaar gelede het groot opslae gemaak, wêreld wyd.
“Oom Pieter, ons buurman was eerste by ons.” Herman kon nog steeds sy gille hoor. “O Here, nee!” Oom Pieter het eerste voor Lisa se liggaam neergeval, sy het die naaste aan die voordeur gelê. Sy stem was ‘n pynigende ego van sy eie hart. Met skrefies oë het hy Oom Pieter dopgehou, met haar in sy arms het hy die toneel bekyk, huilend en geskok. Soos in ‘n fliek kon Herman presies beleef wat aangegaan het deur die oom dop te hou en trane het opnuut sy oë gevul. Sy trane het in Lisatjie se bruin hare ingeloop en gemeng met haar bloed wat al druppend op die vloer geval het. Die heel tyd het hy geprewel: “Here asseblief, nie dit nie.” Die heeltyd het Herman probeer om die oom se aandag te trek maar net om ‘n vinger te lig was pynlik toe los hy dit maar. Nog mense het die vertrek binne gekom net om skielik tot stilstand te kom. Met verstarde gesigte het hulle dit in geneem. Herman het geweet dat dit baie erg moes wees, erger selfs as wat hy kon sien. Wat gevoel het soos ure het een van die para-medici by hom gebuk en toe hy nog lewe in Herman se borskas gewaar luidkeels uitgeroep: “Die seun lewe nog!” soos blits was Oom Pieter langs hom en het geweier om hom alleen te los.
“Vir dae was ek in ‘n koma, my liggaam op-ge-patch terwyl ek van niks geweet het nie.” Vertel Herman sy gehoor. Sy stem aangedaan van emosie. Hoe lank het hy nie gewag vir ‘n geleentheid om te praat oor daardie verskriklike dag nie. Vandag gaan hy die beloftes wat hy aan sy ouers en sus gemaak het, nakom. Hy het alreeds die moordenaars aan die pen laat ry, hulle verdiende loon laat ontvang.
“Hoe oud was jy toe dit gebeur het?” vra ‘n joernalis van ‘n Engelse koerant nuuskierig.
“Ek was 15, Lisa was maar 11 jaar oud. Paps en Mamma was ewe oud, op 45 in die fleur van hulle lewe.” Beantwoord hy die vraag en kyk na die volgepakte saal met internasionale joernaliste in Bloemfontein. Van heinde en verre het hulle gekom om te luister na die mal Boer wat sommer een nag in ‘n huis in ‘n gegoede buurt ingestap het en vyf swart gesinne afgemaai het. Elke manspersoon was eers gemartel voordat hulle die doodskoot gekry het. Daarna was die huis aan die brand gesteek. Hy wou hulle uitwis soos wat hulle met sy gesin gedoen het. Vir dae was hy onverpoosd gejag deur die polisie en uiteindelik gevang; deur ‘n verraaier wat hom uitgelewer het aan die gereg. Niemand kon verstaan waarom hy dit gedoen het nie, en niemand wou rerig luister nie. Selfs die aangestelde prokureur het geen moeite gedoen om sy kant van die saak te hoor nie. En omdat hy nie ‘n goeie prokureur kon bekostig nie moes hy tevrede wees met die man. Toe hy in die eerste dag in die hof verskyn het en die regter sommer dadelik wou weet of hy berou het oor sy dade het hy geweet hy gaan nie ‘n regverdige verhoor kry nie. Koerantopskrifte het verkondig dat hy ‘n massamoordenaar en rassis was. In die tronk was hy telkemale aangerand en het geen hulp van die owerhede ontvang nie. Nie eenmaal was hy toegelaat om te getuig nie. Niemand het gewonder of hierdie mense hul dood verdien het nie. Teen die vyfde dag het hy ontsnap en met die hulp van Boere vriende het hy gevlug, land uit.
Nou, drie jaar later was hy terug in die land om sy kant te vertel. Optogte kon oral gesien word van mense wat sy inhegtenisname asook sy kop eis. Die mense het nie van sy dade vergeet nie.
“Hoekom het jy juis dié mense geskiet, wat het hulle aan jou gedoen?” vra nog ‘n vroulike joernalis agter in die saal. Sy was bekend vir haar ‘no-nonsense’ aanslag by die bekende Afrikaanse koerant vir wie sy werk, met deernis vir die mens om die storie akkuraat oor te vertel.
“Omdat hulle my familie vermoor het.” antwoord hy kil. Doodse stilte val oor die groep en mense staar hom verstom aan nie seker of hulle reg gehoor het nie. “Hierdie vyf mans was daardie dag in my ouerhuis met een doel voor oë. Om my familie uit te wis. En daarom het ek dieselfde met hulle gedoen. Hulle het geen berou getoon die dag toe hulle my pa oopgekloof het nie. Daar was geen keer toe hulle Lisa se 11 jarige liggaam herhaaldelik verkrag het en haar opgesny het nie. Dit was ‘n reuse grap toe mams wou keer. Daar was geen einde toe hulle mamma keer op keer van binne af oop gekerf het met ‘n stukkende bottel nie. Met bloedlus het hulle die strykyster telkemale teen my gesig gedruk, wat was hulle motief?” Met diè draai hy sy gesig en vir die eerste keer verstaan hulle die brandmerke op sy gesig. Die oogklap oor die linkeroog ‘n aanklaende wyser na die geweldadige dag in die Olivier familie se lewe.
“Niemand weet nie. Hulle kon my nie eers antwoord toe ek hulle vra nie maar het nog steeds gespog oor die mag wat hulle oor die wit Boer en sy familie gehad het.” Verbitterdheid het elke woord beklemtoon.
“Met die gebruik van my regteroog en baie terapie kon ek weer die plaas opbou. Ek moes baie opoffer om weer mens te word maar die haat vir hierdie mense het my aangespoor om hulle te soek en terug te betaal.” Sy stem was stil en berekend sodat elkeen wat hom aangehoor het geweet het hy praat die waarheid.
“Hulle het gekry wat hulle uitgedeel het. ‘n Oog vir oog soos die Bybel ons leer. Niemand het ‘n bohaai gemaak toe my familie uitgewis was nie. Geen betoging het die strate gevul toe hulle ons afgemaai het nie en al hoewel daar belowe was dat die Polisie alles in hul vermoë sou doen om die skuldiges te vang het niks daarvan gekom nie. Ek het die leier eendag in die strate gesien. ‘n Regte pierewaaier in sy blink Mercedes. Ek het hom gevolg en my kans afgewag totdat hulle al vyf op een plek was. Voor hulle in hul eie bloed dood geroggel het – het hulle geweet wie ek is, die leier het nog gegrinnik voor ek hom geskiet het. Indien iemand wonder of ek skuldig voel daaroor dan is die antwoord onomwonde nee, ek is nie jammer nie.” Herman se ysere wil was nou tasbaar in die vertrek en selfs die skare buite was stil, maar Herman het ook geweet dit is net vir ‘n oomblik en dan sal hulle weer begin met hulle betogings. Vandat hulle bekend gemaak het dat hy ‘n onderhoud gaan toestaan het hulle ‘n klankstelsel buite die saal opgestel sodat die skare die onderhoud kon volg.
“Daar is nie ‘n dag wat ek nie dink aan my familie nie. Nie ‘n dag wat ek nie wonder hoe Lisa nou sou gelyk het nie. Sy kon miskien self ma gewees het maar al daardie dinge was van haar ontneem. Die polisie het alles weggevee, soos baie ander plaasmoorde en ek het geweet dat my ouers se moordenaars nie ongestraf sal gaan nie. Ek sou hulle moordenaars aan die kaak stel en dit was presies wat ek gedoen het daardie dag, drie jaar gelede.”
“Dit is tyd om te gaan.” Verduidelik Oom Pieter fluisterend, “die gepeupel daarbuite raak buite beheer. Ons moet jou hier weg kry.” Herman knik instemmend en staan toe swaar op. Hy het gedink dat hy na die onderhoud beter sou voel maar dit was duidelik nie die geval nie. In die land met die nuwe regering sou hy altyd gejag word totdat hulle hul sin kry en hy dood is. Maar hy het ook geweet hy het terug gekom vir ‘n bepaalde doel. ‘n Doel om vir eens en altyd agter die kap van die byl te kom en die plaasmoorde te stop. Daarvoor moet hy uit die kloue van die Polisie en die skare bly.
‘To fight another day.’

@LynelleClark2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Rika Gerryts het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak