Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Strandlopertjie

Deur Anze
Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 Aantal woorde: 61 1419 Kere gelees 20

tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede
in die ritme van jou hartklop kom vind
waar jou liefhê oor my dartel
soos ‘n koel somerswind

© Anzè Bezuidenhout 




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Desiréé

    1 Maart 2016

    Mooi geskryf … die see bring altyd kalmte vir ‘n onstuimige gemoed

  2. Anria

    1 Maart 2016

    Pragtig.
    Ek lief dit.
    Jou titel ook.

  3. neels

    1 Maart 2016

    Laat my so dink aan die afbeen tortelduif daar by ons hy is al so mak dat hy by ny kom eet as ek hom voer en dan moet jy hom hoir koer.

  4. Viooltjie

    1 Maart 2016

    Pragtige beelde geskep, Anze. Die gebrokenheid kom goed na vore 🙂

  5. Evelyn van der Merwe

    1 Maart 2016

    Pragtig beskrywend gepen

    waar jou liefhê oor my dartel

    Hou hiervan

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 288
Kommentaar telling: 3220

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 2 kleinseuns en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 212 gaste aanlyn

Bydraes – Argief