Jongste aktiwiteit:

Sweepslag

Sweepslag

sit stil!
haar opdrag kil
als onverstaanbaar op radiokerk

ingewurm op ‘n sementvloer koud
benoud

stil! skreeugil haar stem
op radiokerk ingestel
vanuit haar dubbelbed

haar riemsweep lig
my keel in wurg gehul
van radiokerk het ek geen benul

hul stamp en rits ek giggel

brandpyn swiep vlietend vas teen my
styg op kom weer
daal op my kinderlyfie neer

ek verstyf blou ogig verskrik

is dit hoe radiokerk werk
stil pynend
sweepslagkillend

gee ons vandag ons daaglikse brood
moet ek bid

eer jou vader en jou moeder
my kinderhart is stukkend

sweepslagliefde biddend

© Laantie le Roux
05/01/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed