Te ver (Goud)
jy met jou laventel nektar
en ek met my muskus-soet kambro
sit saam op ‘n bankie in die parkie
en hoop op wegwysers van bo
ons kan mekaar nie eien nie
want jy’s (sê maar) in negentien tien
en ek moet wag vir nog ‘n oorlog
om jou in die hemel te kan sien
in hierdie swymdroom raak ons hande
en dis al wat ons ooit kry
want oor al die jare en die tye
kyk jy steeds …
frontaal …
by my verby
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek