Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: tekel

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 15 Maart 2021 Aantal woorde: 86 122 Kere gelees 1


jy is geweeg
maar te lig bevind

my duin weerkaats
van eeue oue woorde
wat soveel hartseer bring
verbeurde geleenthede
wat skeure uitspoel
uit die verlede

verkeerde keuses
onsuksesvolle strewes
maar uiteindelik tog daar
al was die weg so swaar
alles self moes oorbrug
ervaar om te kon leer

soveel goeie wense
stuur ek jou my jong vriend
dat jy tog die goeie weg probeer
uit ander se foute sal wil leer
sodat jou antwoord nie
net tekel sal wees

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1127
Kommentaar telling: 142

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 410 gaste aanlyn

Bydraes – Argief