Paradoks (silwer)
Laasjaar se kraaknuwe sellofaan lê nou verfrommel en verstrooi waar ashoopkinders gretig krap vir iets eetbaar of ietsie mooi ‘n bietjie blink of dalk die laaste soet uit ‘n kondensmelkblik om te vergoed vir die verdriet van ma en pa se oukrismis van bitter bier en tik die nuwe jaar breek vonkelnuut met vuurwerk en […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Stegies
tieners skop bal voor agterdeure geklee in geskeurde span klere konfrontasie is al verligting vir die bang pleister skilfer skilder romantiek teen ou stad mure verhale van oorwinning sterf in die stink stegie die enigste lekker hier is leë toedraaipapiertjies wat herinner dat hier eens meer as net vullis was voor my voete skielik die […]
Hoop Alleen
teen ń grysblok op ń leë verfblik sit sy in gemors hoop om as vrou gesien te word hand garing uit vuil mou deur gate loer dun tone ore is tarentaal blou haar olie hare hang die lyf kreef weg haar oë is bloed die maag skree vrot brood haar kop roep dop die stem […]
lig in die bankrot skuld
– bitter is die gal van my geheue oor bankrot beloftes van leiers leiers wat hul volgelinge verraai het wat hul kiesers bespotlik gemaak het wat hul eie nageslag beswadder het nie verdien om op ‘n grafsteen herdenk te word nie – soet is die wete in my hart dat die boere volk integriteit het […]
Katjiepieringliefde (Silwer)
Vêr weg van alles wat eintlik kleinlik en waardeloos is kan ons hier in die ou klipkasarm waar ons ‘n skraal begin met bitter min tussen brokkelrots en grashalms gemaak het mekaar in die warm omhelsing van ‘n bloumaan se gloed waarderend welkom groet – waar liefde ons dag na dag met oop arms ontvang […]
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Skarrelkind
Skarrelkind My oë traan van die snerpende koue, my ore pyn en my tande klap opmekaar. Nog net twee karre het verby gekom, asseblief Here bid ek, ek kan nie meer die koue vat nie. Dankie tog, die robot slaan oor na rooi. Ek hardloop na die voorste kar maar die vensters is toe. Nou […]