Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

Exodus van ‘n stadskind (goud)

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2022 3

hoeveel keer moes jy jouself verskeur
dapper stapper stadskind?

vir die omkeer
voor die verweer
voor fakkels van vergeet
in die verdowende …

Die verlore seun

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2022 7

Ek gee vir jou ‘n potjie heuning
om jou woorde mee te salf,
‘n purper koningskleed
en ‘n vetgemaakte kalf.

ek gooi my arms oop vir jou
kom en maak jou tuis,
kom maak vir jou ‘n woning
in die kamers van my huis

die kaggelvuur is aangesteek
om jou koue te verdryf
kom nestel teen die hitte
van my…

Kom huis toe

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2022 4

Ek wens meteens agter
stil mure
jy was nog híer
om met jou sagte stem
wat die innigheid het van
skemer-motreën
of kleurvolle verse
om reënboë oor my dae
se vaalte te span
want net jy kan.

© Zebbie

Silwerklas

Eenkleurreënboog

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2022 4

Wanneer my gedagte huiwer
om van my jou te vergeet
sal ons Skepper deur Sy skilderwerk
‘n eenkleurreënboog
as sonstreep op seevel trek
wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop
van helder hoop.

© Zebbie

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 4

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 95 gaste aanlyn

Bydraes – Argief