Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

HOE LANK (goud)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 2

Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind
sodat ek net weer die mens binne my kan vind
want my wag het lankal die lewe ingeskiet
terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

Pêrels vir die swyne (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 11 Julie 2022 10

Wie sal eendag die gelag moet betaal,
omdat ons die swyne doofstom onthaal;
wyl hulle óns reënboog se kleure steel
en die son – korrup – met weemoed vervaal?

‘n Beter lewe (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 9 Julie 2022 7

Moedeloosheid kortwiek geleenthede
temper die wil om vooruit te strewe
maak beter keuses en goeie vriende
dan blink hoop weer vir ‘n beter lewe.

©Driekie Grobler

tyd

Deur Datum gepubliseer: 8 Julie 2022 2


wanneer jy dit het mors jy dit
by gebrek daaraan wil jy dit koop

vroeg in jou lewe wil dit nie verbygaan nie
later in jou lewe vlieg dit soos wind verby

©Teãrlach

ek pateet

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2022 5


my binneste verbrand
in bewustelike skuld gevoel
beskaamd staan ek voor die troon
dekades van verrotting en blaam
vreet my kern wese en bestaan
tot sinnelose geraamte
en tog..
is daar die advokaat
wat juridies daar staan
wat duidelike voorspraak
vir my die pateet maak
my telkens vermaan
en ook vertroos
Hy die parakleet

©Teãrlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 79 gaste aanlyn

Bydraes – Argief