Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Briewe

Ek mis jou (net soms)

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 19

My duim
het die gewoonte
om oor my ringvinger te streel
onder
aan die binnekant van my hand

en my hart
het die gewoonte
om dan soms verras
verbaas
uitgeboul

half hartseer te voel
omdat dit nou kaal…

Uit die oog, uit die hart?

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 28

tussen brief vergeeld en lem geroes
waar geen son of ster of maan
ooit weer die duister sal verlig nie

dig nog net haar sagbruin oë
stil – deur glas en stof – sy naam

© C. Shaw
16 Februarie

Die storie van my.

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 22

Ek het
diamante in my hare
en blomme in my oë.

Daar is sterre in my lag … maar
(ek dink)
hulle het vergeet hoe om te blink.

Daar is musiek in my loop,
’n gedig in my stem
en die storie van my verlede
kan gelees word op my vel.

Daar is hoop in my siel
en twyfel in…

Net jou hand …

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 28

die see is rof-onstuimig
soos die storm in my hart
die seevoëls raas aspris met
skril stemme wat my tart
ek het jou gemis vanaand
die see was sommer grou
die branders ken ‘n nuwe lied
ons het dit saam geskryf vir jou

ek wou die boodskap by…

Ek het vandag …

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 27

Ek het vandag vir jou ….
‘n ry spore in die seesand gestap
Elke spoor het gesë
… jy woon hier in my hart

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 185 gaste aanlyn

Bydraes – Argief