Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Dankbaarheid

‘n Nuwe dag het aangekom !

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 14

‘n Nuwe Dag Het Aangekom
Met die opkoms van die son doer anderkant die horison,
kan ons maar weet ‘n splinternuwe dag het aangekom.
Ons is weer geseën met nuwe asem,
sodat ons hierdie dag voluit kan lééf,
want môre is nie aan ons verseker,
dit is hoekom ons…

Kelkhand genade

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 15

Tussen goudstof van die oggendson
kniel sy kelkhand gekrom
smekend om Sy groot genade
eerbiedig met stil ontsag
sonder voorgee of bravade

Deur karwats en kronkelpaaie
slaan en systap die lewe
vurke in pad en om draaie
moet ons slegs besluite neem
dis die lewe se gegewe

Danel (3 Jaar)

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2016 18

My Nienie my liefie my groot-oog meisiekind.

Met elke dag
wat verbygaan
is jy besig om my te help om
die waarde van leef te vind.

Ek glimlag wanneer ek na jou kyk
(en selfs as ek met jour raas)
want jy is soos jou mamma
al is daar gesê jy gaan nie wees nie.

Een ding is…

Ons skuld is vereffen

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2016 15

Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap
terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap
’n doringkroon is op Sy hoof neergesit
sodat omstanders daaruit genot kon put

Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis
tussen twee sondaars aan die wêreld gewys
met spykers deur hande en voete geslaan

Pelgrimstog van ons liefde

Deur Datum gepubliseer: 21 Maart 2016 14

in die warm
van jou asem
trek ons liefde
skadu’s in rympatrone
wat sag in diftong
deur die vat van jou vingers gly
om vir ewig in my hart te bly
waar ek dorstig –
(soos in die woestyn)
my kruike vul
soos een sonder
‘n eie wil

dan plant ek kosmos sade –
(dalk ‘n palm of twee)
om aan jou ewige…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 620 gaste aanlyn

Bydraes – Argief