Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Dankbaarheid

Jou bekoring fassineer my.

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2016 11

Wie´s aan´t kom op vleuels van wending
in jou sprokies gewaad wit soos sneeu
verkyk ons aan jou karakter vervorming.

Soms is jy verlate in ʼn eensame wolk
in jou swerftog na ʼn volk
in grou humeure nie sonder vonk,
so raak jy buierig…

God se Volgeling

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2016 10

Alleen het ek gesit,
op koue vloer honger en so eensaam.
foute het ek gemaak,
en my sondes voor U belei.
En vandag het ek werklik ‘n beter lewe,
dankie Heer dat U my vergewe.

Nou volg ek U elke dag van my lewe,
en ek het geleer…

Ek is jou man en jy’s my vrou..

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2016 162

Ek is jou man en jy’s my vrou..

Kosbaar is die lewe nou,
ek is jou man en jy my vrou.
In liefde sal ons saam lewe,
tot die dood ons eendag skei,
daai eerste keer hand vashou,
nog jonk en nie voorbereid,
Daai eerste keer onder die…

Het jy dit al beleef, wat jy nog nooit beleef het nie?

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 16

Van vêr af flits sy met straal
deursoek sy haar weg met draal
hoor ons haar geroep
sonder dat ons roep
al fluisterend sweef sy nader
al hoe vinniger al hoe kwater.

Donderend en rasend
blitsend en flitsend
sweepslag sy die Aarde.

Versoek van die graf

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2016 16

Versoek van die graf

daar’t ook eenmaal
lank geleë koningsblou
tulpe in my irisse geblom
dit was die dae
toe die son nog
(ongerep)
tinte oor my vel
kon trek –
die geur van nartjie
in my ruik ontplof

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 147 gaste aanlyn

Bydraes – Argief