Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Dankbaarheid

VERGEEF OM TE VERGEET

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe
want orals lê lyke rondom jou en bewe
so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor
vou ek my hande saam om jou te vergewe.

© 7/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde

STERK STILTES (BRONS AFDELING)

Deur Datum gepubliseer: 20 Julie 2022 Hou van

STERK STILTES (BRONS AFDELING)
(persiese kwatryn)

Honderde jare het alreeds verloop;
helde het dikwels hul siele verkoop;
dinge het sedertdien so verander,
tog het die mens nie verleer glo en hoop.

Op die water het sy hom weggesteek
en die farao se spul wette verbreek:
die profetiese koms moes voltooi word –
sý was die een…

Steeds pragtig

Deur Datum gepubliseer: 12 Julie 2022 3

Sag skyn die sterre in die donker nag
Jou hart begin van vreugde glimlag
Is dit ooit genoeg om dankbaarheid te beskryf?
Net jammer ons is vasgevang in die aardse swaartekrag

Ai tog (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 9 Julie 2022 5

Jan het gaan wandel in die donker woud

daar waar onheil broei en harte verkoud.

Toe sien hy San dans in evasgewaad,

nou worstel hy met gedagtes vol stout.

©Driekie Grobler

tyd

Deur Datum gepubliseer: 8 Julie 2022 2


wanneer jy dit het mors jy dit
by gebrek daaraan wil jy dit koop

vroeg in jou lewe wil dit nie verbygaan nie
later in jou lewe vlieg dit soos wind verby

©Teãrlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 179 gaste aanlyn

Bydraes – Argief