Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Dankbaarheid

Ridder van die Langpad

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2021 7

moeg en afgemat
sit hy met sy bondeltjie op sy rug
tuur die verte in
die alleenheid is besig om hom te vang

rus hy op sy kierie
want niemand ken hierdie bielie
want met stof is sy skoene verweer
en sy baard sonder skeer

diep is sy verlange
na ‘n lekker bord kos
is dit verlore uit…

Die Ouderdom

Deur Datum gepubliseer: 13 Augustus 2021 6

so met die tyd wat loop
en die vaardigheid met die hande wat verswak
kom lê gedagtes diep in my hart
aan jare se ondervindinge ontdek
in twee hande wat nooit vir niks
verkeerd gestaan het nie

pluk ons wel die vrugte
van handgemaakte goedjies
wat agterweë bly by hulle wat omgee
maar o, weë daardie pyn…

Stil word vir God

Deur Datum gepubliseer: 13 Augustus 2021 7

daar bo-op Mariepskop
daar raak ek stil
en dank die Here
vir goed groter as ek
dis waar ek die Here my God
vrees, want vrees vir my Here
beteken dat ek Hom waardig ag
bokant alles hier op aarde
tussen rotse en klippe
wat bokant my uitstrek
waar net God se hande
met soveel…

hoe, waar , wanneer

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2021 1


soos die see se deining
soos die golwe se reëlmaat
soos die seisoene verander
die maan en die son draai
soos die aarde beweeg
soos mense gebore
getoë en getroud
raak en sterf
so is alles
gestel
net
geen
mens weet
hoe, waar
of wanneer

©Teárlach

lig verlig verlore

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2021 Hou van


Sy woorde
weergalm steeds
oor die golwe by die see
moet nooit die Gees van God
bespot of verloën nie
selfs in die mees
verligte eeu
van mens
se verval
kan dit net
slegte gevolge
ewige verwarring
aan jouself en jou
naaste bring
vir een aardse
oomblik voel jy
dalk ‘n brawe
held – maar
niks kan
jou ooit weer
met vrede
vul nie

©Teárlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydraes – Argief