Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Rus Sag

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2016 29

Dis begrafnistyd in Elsburg.
ons oom Sias is nou heen.

Voor die parkie in Jackdaw straat.
Staan ons groepie stil en ween.

Hy self het begin kwyn. Nou rus hy,
alles is verby, geen verlang meer vir hom.

Eendag is sy weer aan sy, sy.
rus sag oom tot die dag kom.

DIE FOTOGRAAF

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2016 16

al wat hy vra is die Kgalagadi
gee hom net die stof en die sand
vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin
en die grou van die lug bo ‘n rant

stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes
met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk
al…

Jy sal daarin bestaan

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 16

Vertaal in tyd my hand omkeer
skryf in ritme die verhaal
Verdoessel al die stil verkeer
in sonkleed van jou taal

Wanneer tyd aanstap elke uur
sal die oomblik nie vervaag
Deur elke goue kans verduur
sal die Jy daarin bestaan

Carpe diem – gryp elke kans

Wat die hart van vol is

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 11

daar’s ‘n gat in my, het ek gedink
verlies se smart wou my laat verdrink
toe sien ek in: jou vreugde en lag
het my hart kom vul; my oë blink

© Doret Johnstone-Robertson, 26 Februarie 2016

De Hoop

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2016 15

Die vrou loop in die skemer
sy loop haar eie pas
met afdraande paadjies
deur enkelhoogte gras.
Tot waar sawens se son
– klatergoud – oor water gly
eer dit wegsink
in koper newels
‘wyl bloot net skadu’s om haar vly . . .
Sy wis die spieëlgladde blink
sal aanstons verdwyn
na die donker, stil dieptes
waar geen lig ooit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydraes – Argief