Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Die droë spasies in asemhaal

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 13

Koffie kringe
omring van my woorde op die verbleikte papier
die blou ink
is gesmeer
trane vlek
al droog dit op
daar is dinge in die lewe
wat jy net moet verduur
soos mense wat stink
en mense wat dink…

My Weduwee-gebed

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2016 21

Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se…

Die vier seisoene storie.

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 21

Daar is vier strande in my hart.
(Amper soos die spoke
in daai cliché Kersfees-stories.)

En as ek moet begin
sal ek sal begin by die verlede
my verlede
op die warm strand
met spierwit sand
wat jou voete brand.

Daar waar die water warm is
en die bome skaars is.

Die strand waar al my seer gebêre is
en…

Dié eensame vrou

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 32

Soos die son sy sak, sak
en die nag weer sy gesig kom wys.
Kan ons vashou aan ‘n belofte,
die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat,
want Hy is tog dan ons Herder,
wat ons elke dag en nag beskerm.

‘n Klomp duiwe kom dan gelyk…

Ek onthou.

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 39

… en ek onthou
hoe jou hand geproe het
vasgebind aan die hospitaalbed
toe ek dit die laaste keer gesoen het
toe ek jou vir die laaste keer vertel het
hoe baie lief ek jou het.

… en ek onthou hoe dit gevoel het
die laaste keer toe jy my hand gedruk…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 676 gaste aanlyn

Bydraes – Argief