Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

konsolasie (silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2022 4

die jakarandas
blom weer geil vanjaar
‘n lilafees
vir ons gespaar
bied vertroosting
teen hartsverlange
oor elk’
beminde verganklike

©Driekie Grobler (2022)

Groter Dinge

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2022 3

gevalle plafonne
verbleikte dopverf
oop wond bakstene
skilfer stof
in die paleis

vrot hout
stoel en tafel versplinter
ledemate nou ongeskik
eens die baas
se magsbasis

my voete skop
wegkruip papiere oop
bevel handtekeninge
op oudit verslae
lankal muf

maak toe
die hang deur
die baas is besig
in ń volgende wêreld
met belangrike dinge

Spoed: Die moordenaar op ons paaie? Meningstuk – September 2021 Silwer 347 Woorde

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2022 1

Ons nader weer die mal seisoen. Almal moet mos see toe. Pa en ma neem hulle jaarlikse vakansie verlof omdat kleinboet, of sus, se groot skoolvakansie oor Desember val. Die motor is gepak en almal suiker see toe. Die gevreesde N3 snelweg verander oornag plek-plek in ‘n skrootwerf…

in ongeloof

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2022 3


die kransduif wyfie
klae en steun om ‘n plek
uit te skrop vir haar nessie
stokkies en takkies gebreek
hoog bokant die grond
weg van die oog
daar lê sy dit
wat haar
kinders
gaan word

die vinkie ouers skreeu
en sketter in wanhoop om hul nes
waar die swart kraai alles kom vreet
vier kleintjies het hul uitgebroei en gevoed
tot die…

Nare Waak

Deur Datum gepubliseer: 22 September 2022 4

Nare Waak

Midde-in die straat
die geel en swart geveerde
bekkie wawyd oop
koppie neig na bowe
wanhopig val sy kreet
op dowe mense-ore

Neffens hom ‘n tweede stel
geel-swart origamivlerke
diagonaal deur impak
kunstig herrangskik

Daagliks speel dit af
tragedies in die kleine
onopmerklik onbewustelik
voor mense-oë, nikssiende

Vir die een wat die toneel
en slagoffers aanskou
stoot galbitter na bowe
‘n jammerlike waarheid
waaraan ons…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 84 gaste aanlyn

Bydraes – Argief