Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Herfsgeid (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 20 Augustus 2021 1

daars ‘n goedheid aan die goudheid
van ‘n blaar
wat voorwinterwindjie sag
swewend na benede daal
en slaapplek soos ‘n oumens
sielalleen en halfbemind
in ‘n skadu van genade
teen ‘n sterfling grafsteengrassie vind

maar tog
dié doodsheid van die herfsgeid
en van elke blaar wat val
sal deur sterwe net weer plek maak
vir ‘n nuwe…

Die blaar en my liggaam

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2021 3

Hoe vind jy jouself in die donkerte alom
wat knaend en leweloos vir jou probeer omvou
En aanmekaar los stukkies toue en punte aanbied
om te knoop tot manifestasie en vervulling van jou illusies?

Hoe bring jy jouself tot die aanvaarding en definisie van jou liggaam as wie jy werklik is?
Of…

persona non grata Silwer

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2021 7

Ek is enkeling,
uitgestoot –
velore – verdwaal
iewers tussen nêrens en niks,
naamloos
in ‘n wêreld
vol haat.

Diep en donker
weggesink –
val daar ‘n enkele blaar
op ‘n houtkis,
geen blom
geen traan,
ek is –
persona non grata
in ‘n wêreld vol pyn.

Ek
is

Soos ‘n blaar wat val

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2021 10

Ons is anders as alles
met buiteseisoene wat inwaarts woed
verlore en verlate as gevolg van onsself
elke keer as ek ‘n mens hoor gaan
spartel gedagtes in my kop;
verkorrel die verloop van tyd deur my vingers
– dis juis dan dat ek so graag wil vlug

êrens na ‘n ander plek soos ‘n windswael
maar miskien…

Kosbare jy

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2021 6

Rus in vrede vriendin….
Alta de Beer

jy was my cpf maatjie
twee weke van stilte
wat volg op ingehoue denke
my hart is so seer
vanaand die tyding gekry
dat jy nie meer met ons is

vrou van liefde
vrou so sag en soekend
jou liefde so ver en jy hier
maar altyd het jou glimlag
deurgebreek deur jou trane
dit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 136 gaste aanlyn

Bydraes – Argief