Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Wat maak dit saak?

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2022 10

Die huis was vervalle. Verf het orals afgedop wat my vir een of ander rede laat dink het aan ‘n slang wat vervel. Bossies het hulle tuisgemaak in die tuin wat lank gelede die liefde en aandag van ‘n vriendelike ou tannie geniet het. Die voetpaadjie na die voordeur…

Die tog van rou

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2022 4

Vertrou die tog van rou
al skaaf die tuig
Sy juk is sag
jou las te swaar
laai af, laai af

Vertrou die stort van trane
wat wonde was
Sy sout inwerk
jou letsels soos bloeisels
dounat laat blom

Hemel soene

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2022 4

Hemel’soene ❤

‘n Vrou se wese, haar vrese, haar pyn
maak haar geloof net sterker
Sy is soos ‘n blink diamant, wat jou met wysheid sal lei
Soos sonsopkoms, die skoonheid van elke nuwe dag wat glimmend op haar wange skyn🌅

‘n Briesie met dagbreek,
so weerloos is ‘n vrou se binnekant
Soms kry…

tu me manques (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2022 4

jy is stadig geknak en verweek
uiteindelik middeldeur gebreek
by jou sterfbed mog ek skaars vertoef
maar jy gaan my solank ek leef ontbreek

* tu me manques (Frans) Ek mis jou

Hemelskadu

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2022 5

Liefling,
jy is die sterk hart
wat die polsslag
van ons liefde bepaal,
so ons dra jou met
trane oor ons wange
maar dankliedere in ons harte
na ‘n plek waar lang koeltebome
en begroeide graniet
hul eie storie verhaal.

© Zebbie

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief