Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die Lewe

naak

Deur Datum gepubliseer: 14 September 2021 1


sonder klere
kom die golwe
op strand aan
sagte deining
wat die see
laat blink
soos
satyn
wat mens
oor jou moeë
siel kan trek
in stille rus
en vrede

©Teárlach

Bloeiselblom

Deur Datum gepubliseer: 14 September 2021 Hou van

as ek kan uitstaan
in maanlig aand
met fluweel sagrooi
wat drup uit my hart
‘n liefdeslewe ek en jy
wat op wolke kan sweef
ver weg van die seerkry
aan gisters wil ek nie meer
want vorentoe is daar ‘n lewe
my bloeiselblom
in maanskyn lig
deel met my die pretwees
van ons bestaan
tussen waterval wolke
strome van…

winter se verlies (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 13 September 2021 1

(ʼn Triolet)

winter se verlies

as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen
het waardering vir lewe nuwe betekenis gekry
die verskeie verliese van lewens: ʼn virus se toedoen
as ek terugblik oor die afgelope winter-seisoen
waar ons, ons vele vrae en vrese moes versoen
het ons die uitreiking beleef aan die wat ly
as ek terugblik oor…

Veldiep tot sieldiep

Deur Datum gepubliseer: 12 September 2021 1

maar jy sien net
die flees wat hang
aan my been struktuur
die keuses, gene en toeval
wat my verf en omhul
soos ‘n boekband
jy kyk teen my oppervlak vas
en ek wonder
of jy ooit eendag
werklik my sal ken en sal sien
vir wie ek is
in plaas van die idee
wat jy vorm
om my te laat wees

die…

My hart se sprokies wêreld

Deur Datum gepubliseer: 12 September 2021 Hou van

ek wens ek kon verdrink,
voel hoe adrenalien opbou
voel hoe my liggaam
baklei om te leef
baklei vir ‘n skeppie asem
voel hoe my hartklop
styg en stadig daal

ek wens ek kon voel
hoe my hart tot ruste kom
en my siel tot kalmte bedaar,
ek wens ek kon my oë toemaak
en dan verdwaal deur…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydraes – Argief