Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die Lewe

Afrikaans

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2022 1

My asem, my wese
my wil en rede,
my kom en gaan,
my gedagtes, woorde en dade
my opstaan, en gaan slaap
ook my dagdrome en nagmerries –
dis wie ek is, wie ek wil wees-

my lewe
my strewe
my sterwe,

sinoniem met Afrikaans.

Naani-gedig

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2022 1

Die jaar is ‘n stoomtrein,
dit raas en blaas
beur voort met mag en krag
na waar jaareinde se stasie wag.

My hart verlang

Deur Datum gepubliseer: 17 November 2022 1

My hart verlang
na die gou sandkorreltjies
wat aan my voete kleef
terwyl die branders
aan my voete kleef.

My hart verlang
na ’n bietjie bak in die son
en roomys onder die sambreel
waar kinders lag en speel
en ma’s en pas hulle laptops bêre.

My hart verlang
na aande om die vuur
terwyl die sterre helder skyn
en vroeë…

Ontvlugting (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2022 2

Ek droom ‘n paradys
– ongerep en vry –
waar omgee roep na sy maat
en vrede in koeltes lê en slaap.

Ek droom van stiltes wat praat
wat emosies sinvol verwoord,
waar denke vry in vlug
sierlik swaai deur die lug.

Ek droom egtheid wat aard
wat reg laat geld,
waar vooruitgang vreesloos wei
van stroop en wreedheid bevry.

‘n…

Die prys van roem (660 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2022 2

Droom ons almal nie maar van kleins af om eendag beroemd of ryk te wees nie? Om geken te word as iemand wat uitmuntend presteer? Heelbo aan die suksesleer te kan staan. Die beste te kan wees in wat ons doen. Te kan doen wat ons wil, wanneer ons…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 240 gaste aanlyn

Bydraes – Argief