voorlaas helaas
nog een slapie dan bêre ons ou skapie wat ‘n mallemeule was dit van draf na stap tot by sit elke oomblik vasgevang tog is niemand mos bang wat agter lê maak ons sterk hef aan lê voor en ons werk geen verwyt sal iets vervang wat kom fluister op my wang geloof, hoop en […]
Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
self
die ek is vrek jy en ek ‘n wrak jare het verby gevlieg sosiaal bly daar op mespunt van soortgelyke kreature soos uitgestote diere verslonsde aangesig van al die gespit lewe se sooie bly plooie die ek is vrolik jy en ek bly olik een siekte op ‘n ander in en uit hospitaal se gange […]
In ‘n groep.
In ʼn groep. Ek kyk na die groep mense wat gesellig om die braaivleisvuur lag en gesels. ʼn Warm gevoel kom maak nes in my binneste. Ek voel veilig in my vriendekring en ek besef dat die noodsaaklikheid van samesyn nooit oorbeklemtoon kan word nie. In die moderne wêreld van vandag waar tegnologie ʼn belangrike […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
Geluk se goue draad.
Geluk se goue draad. Desember het aangebreek! Vir my beslis die wonderlikste tyd van elke jaar. Tyd vir sonskyn, soel someraande en samesyn. Volgens die woordeboek beteken samesyn – ʼn toestand van saam met mense te wees; om in ander se geselskap verkeer. Kersfees is die tyd waar familie en vriende saam tyd spandeer om […]
kleinste
die onbelangrikste in Sy koninkryk is ‘n spikkel in Sy skepping maar ‘n oneindigheid in mense-kennis om die kleinste in Sy koninkryk te wil wees moet jy deur die enigste poort Jesus Christus gaan ©Teárlach
dribbel
koue winters oggend die ryp kraak onder sy voete boeksak oor die skouer gehaak trippel hy vrolik oppad skooltoe gedurig besig met sy voete dribbel hy die rugby bal swaar van die nat ryp gly dit saggies aan in sy gedagtes net een ding daardie laaste paar treë oor die doellyn met sy groen springboktrui […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]