Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Die val van dokter Varkman

Deur Datum gepubliseer: 29 November 2022 Hou van

DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN
Opgedra aan ‘n dierbare vriendin
Truda Rijkheer
† 29 Oktober 2022

Geskryf deur Fanus Strydom
3752 woorde

Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die…

Nare Waak

Deur Datum gepubliseer: 22 September 2022 4

Nare Waak

Midde-in die straat
die geel en swart geveerde
bekkie wawyd oop
koppie neig na bowe
wanhopig val sy kreet
op dowe mense-ore

Neffens hom ‘n tweede stel
geel-swart origamivlerke
diagonaal deur impak
kunstig herrangskik

Daagliks speel dit af
tragedies in die kleine
onopmerklik onbewustelik
voor mense-oë, nikssiende

Vir die een wat die toneel
en slagoffers aanskou
stoot galbitter na bowe
‘n jammerlike waarheid
waaraan ons…

DIS TE LAAT

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2022 8

Op ‘n doodgewone dag
toe die ou bloekomboom
vir die laaste keer fluister
net voor die wind haar kom vat
het ek saam in wenteltrappe
na bo gestorm om beter te kon sien

‘n onstuimige son het haar om my gekronkel
maar ek het harder probeer om bo te kom
ek wou afkyk
om deur ‘n hemelse lig
die…

sneeu

Deur Datum gepubliseer: 8 September 2022 3


teen matroosberg lê die sneeu
skapies se ruens steek net uit
skaapwagter se stem roep luid
sekerlik die diepste van die eeu

die een se brood
is die ander se dood

©Teãrlach

Dis weer lente in die Laeveld…

Deur Datum gepubliseer: 2 September 2022 6

Hierso, tussen nuwe lewe
en oorstelpend-mooie niks
wonder ‘n mens soms somber
waarom hierdie wêreld
so holderstebolder is…

…onder die skadukol
van ‘n kameeldoring
het ‘n sebravul na sonop
haar eerste asemteug geneem
waar sy japtrappies later
loop-en-val in strompelgang
teen haar trotse ma kon steun

‘n entjie verder langs die voetpad
wat na die boggelkoppie lei
het ‘n (dood)bang njalama
haar volmaakte…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydraes – Argief