Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Duif

Deur Datum gepubliseer: 28 Junie 2021 4

Ek wag vir my duif om te land
geen groen het hy nog gewaar
om op Ararat my ark te strand
moet hy eers in lower baljaar

hoe lank sal ek nog moet wag
vir my vlaktes om berge te word?
My lewensduur is maar kort
en voor jy weet is dit … nag.

Die berugte Bengaalse Ming

Deur Datum gepubliseer: 23 Junie 2021 1

(792 Woorde)

As ek kan een ding sê oor vandag, dan is dit dat dit die beste en miserabelste dag van my lewe was. Die dag het wonderlik begin. Dit was ‘n pragtige sonskyn dag. Maar buiten vir dit, het ek wakker geword met ‘n gewaarwording: Ek was verlief. Ek…

Is iets beter as niks?

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2021 3

“Die hoender!” “Issie dissie eier!” hoor ek hoe die kinders buite stry.

Dis die eeue oue argument wat volgens my net een antwoord het. Die hoender, want God het die diere gemaak, daarna het die hoender eiers gelê.
Dit laat my dink aan die bekende Afrikaanse gesegde: “n Halwe eier is…

Luiperd – diereryk se trots

Deur Datum gepubliseer: 4 Junie 2021 6

Luiperd – diereryk se trots

stil geruisloos lê jy daar
bespied die vlakte wyd
gekamoefleerde lyf
vol kolpatrone uniek

jou oë mis niks
prooi in jou visier
wegkomkans skraal
jou spoed fenomenaal

een van die groot vyf
ons land se trots
kosbare diereskatte
aan mens toevertrou

mag ons nageslag ook
jou in natuurlike habitat
met groot bewondering
geniet en uniek ervaar

©Marianne Buys
04 Junie 2021 …

Hibernasie winter

Deur Datum gepubliseer: 4 Junie 2021 2

Hibernasie winter

saggies het die winter kom lê
oor grasvelde spierwit versier
bome hul somerdrag afgeskud
tyd om te rus en net te wees

knus sit onder warm kombers
lekker groentesop in prutpot
eindelik tyd om boeke te lees
ag man, dis nou mos ‘n fees

hondelyfies styf teen my sy
snoete deur gaatjie vir asem
almal onder een kombers
tyd…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 650 gaste aanlyn

Bydraes – Argief