Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Karoodans

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2022 8

Bliksems flits blou oor die barre Karoo waar stofwolke soos spookgedaantes dans. Bliksems wat weereens geen reën bring nie.

Brenda kyk met weëmoed in haar oë toe Kobus soos ‘n pyl uit ‘n boog wegspring reguit begrafplaas toe. Sy bid sommer so met oop oë.

“Pa, hoekom het jy hier in…

Besoedeling (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2022 8

Wat kan ek doen om dit te stop
wat maak ek met die seer
van die aarde en ander se harte
wat kan ek sê wat voldoende sal wees
iets sonder die verkragting
van gaia, mens en dier
iets wat alles en almal kan red
want ons verwoes mekaar.

Wat maak ek met hierdie pyn
wat sag…

Die mossie.

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2022 12

Die mossie.

In die sewentiger jare het ons onbesorg en sorgvry grootgeword. Ons het grootgeword voor die tyd van televisie en sosiale media.

Ons ouers was hardwerkend en tye wat ons saam spandeer het, was baie kosbaar en min.

Piekniek in die droë rivierloop en braai in die veld was ons tydverdryf…

Drafbrakke (Goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 Maart 2022 12

wag daar my honne
wag daar vir my
uitpluk die sonskyn
voetpad die rant
die grasspriete wag
in die klipspringer land

slaap soet my brakke
rus sag vanaand
môre lê kromklip
afdraai in hand
ek weet julle hunker
na die koppie se kant

lui lui die fietsklok
vasmaak die skoen
daar’s blaf in die sê-goed
met hondlag se praat
te hoor in die stemme
wat…

Toerwoer

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2022 22

Langs my lê die wonders van Afrika
reg om my begroting se balans te pla
ek sien die oseane in beeld ontvou
met kleurkorale wat my asem laat ophou
gooi die piramides in Egipte nie weg
klipwonders in hulle eie reg.
Al die Nasionale parke laat my hart trompetter
met wild wat oral grom en brul…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 273 gaste aanlyn

Bydraes – Argief