Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Ode aan Guppy

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2022 9

(Woordtelling 1006)

Ja, dit is nog steeds daardie arms vol groot, swart, lawwe hond wanneer ons van die liefde praat, want wie kan ‘n mens se hart so vierkantig vol sit soos ‘n troeteldier? Daardie een wat ons eintlik nie wou gehad het nie maar wat my lewensuitkyk net ongelooflik…

Aandadig aan moord (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2022 8

Verwoed gooi ek wal toe Boet eendag by die huis aankom met ‘n klein, sagte bondeltjie, maar die oomblik toe hy haar versigtig in my hande plaas, is my hart verlore. Die verskonings was gou vergete met die bang, kloppende hartjie teen my vingerpunte. “Toemaar” troos ek sag, “hier…

die kat is uit die sak (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2021 4

die kat is uit die sak

jy weet daar is ʼn spreekwoord wat sê
jy het vir jou ʼn kat in die sak gekoop nê
nou sien die storie staan verseker so
en ek weet jy sal dit kwalik kan of wil glo
maar die kat in die sak is tuis waar hy lê

heel…

King Kong en die nagwag

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2021 8

John Smith was nog nie heeltemal gereed vir aftrede nie. Hy het gedink hy is, maar na ‘n maand saam met sy dierbare vroutjie, Jane, het hy besef sy gaan nie dierbaar bly as hulle dag en nag in mekaar se geselskap gaan wees nie.
John was sy lewe lank…

Paddas droom ook (soms)

Deur Datum gepubliseer: 8 Desember 2021 4

Langs ‘n groterige plaasdam
In ‘n modderige vlei
staan ‘n miniatuur gehuggie
genaamd Paddadys

Die koninkryk se heerser,
Parradigma was sy naam,
het hierdie modderytjie selfvoldaan regeer
presies soos dit ‘n brulpadda betaam

Maar selfs paddakonings wil soms van hulle lewenskoers ontsnap
Parradigma droom daarvan om die pad van ‘n Paddagoog te stap.

Hy bou lugkastele oor die voltooiing…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 103 gaste aanlyn

Bydraes – Argief