Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Vlooitjie

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 22

O vlooitjie, o vlooitjie,
wat soek jy tog in my hare.
Jy loop daar rond en voel baie honger,
maar jy gaan daar verdwaal soos tussen ‘n groot skare.
Vlooitjie, gaan sit op iemand anders se kop,
ek is ook nou al moeg gekrap,
loop weg, of vlieg jy?

DIE FOTOGRAAF

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2016 17

al wat hy vra is die Kgalagadi
gee hom net die stof en die sand
vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin
en die grou van die lug bo ‘n rant

stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes
met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk
al…

Skemeraand oor Jonkershoek

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 15

o helder, helder water
o groenste, groenste blaar
kyk hoe lê die lelieblom
so skoon onskuldig daar

*

‘wyl skemer teen die wal kom rus
kwaak daar nog paddas in die dam
tussen lang gras en ‘n rietpol
word stille skadu’s vasgevang

o diepste, diepste klowe

In die koelte van ‘n krom Karee

Deur Datum gepubliseer: 28 Maart 2016 13

In die koelte van ’n krom Karee
sprei lappieskombers en vonkelwyn
Malmiere baljaar in smeltsjokolade
want die wind het wilde woorde
woes, warrelend weggewaai
na wye wildvreemd’ oorde

In ‘n vrotskuit op die spruit
met slegs een enkel spaan
sypel water deur die bodem
wyl Rooivink kwetterend skree…

“Europa is ‘n baie mooi plek”

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2016 17

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan –
verby bar fonteine
baan ons onse weë
oor droë lande
en met stofpaaie langs
na velde waar daar weiding is.

8 Kommentaar

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 108 gaste aanlyn

Bydraes – Argief