Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

“Europa is ‘n baie mooi plek”

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2016 18

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan –
verby bar fonteine
baan ons onse weë
oor droë lande
en met stofpaaie langs
na velde waar daar weiding is.

8 Kommentaar

Een se dood

Deur Datum gepubliseer: 18 Maart 2016 14

Met jou horisontaal
glad, pienkstreeplyf
wydsper gapende bek
beur jy onverpoosd voort
skubbe lank reeds vodde
soos jy swem vir ‘n plek

Stroom-op bly spartel
met jou einde in sig
waar water nie meer kartel
jy wyfie-eiers moet bevrug
witpens nou hemelwaarts
dis water onder die…

Visvanger

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 20

ek sien jou sit
in neonligkantore
en staar deur ruite
die uitsig is so vaal
maar jy hoor steeds
die stormreën en donder
en op die dak
die gekletter van die hael

 
jy neem jou vlug
oor hemelhoë geboue
oor vuil teerstrate
en bruê van beton
tot waar die son
skyn oor somervelde
en waterstrome
alsó kronkel deur ‘n dal

 
teenaan die wal’
van vol en…

Seemeeu

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 18

Tussen berg, boom en klip
en laat middagson hitte
wat golwe op die grondpad gooi
hoor mens die gesing
van voëls gereeld.

Hier is loeries en arende
en as die geluk na jou kant toe waai
mag jy dalk ’n valk sien.

Ja, my grootword is in die Bosveld
… al verlang my hart na die see
en saam…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 644 gaste aanlyn

Bydraes – Argief