Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Droom

My vlerke wil nie flap

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 10

En tydens hooggety
in die bulderlag
van wilde lugstrome
sweef ons sorgvry

ek blaas jou naam
duskant ‘n veer
van ‘n meeu se vlerk
regdeur wolke
totdat dit ontplof
in die driveway
van my dagdrome

Liefde se voetspore

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2016 11

In die reënwoud se klam
het twee voetspore gehang
in die watte van groenmos
afgeêts, vasgevang

In die wolke se blou-grou
kon soet spookasem- wind
gedagtes van gisters
stokkie-taai verbind

Met grys gruispad se grof
stapel klippe reeds gekou
tussen kosmos daarneffens
wieg weelde – beelde onthou

Dagdroom Illusies

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2016 9

Alles is onheilspellend stil
my gedagtes lê gemaklik opgekrul
in die holte van jou meestershand
wat lol met my gesonde verstand.

My denke dagdroom idilies
illusies van jou en my op ñ duin

waar ons slegs die see se hyg
en die geklots teen ñ rots
saam…

Dapper Drome

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 9

Ek lê in die nanag van jou liefde
en verryk my in die weelde van jou droom.
Volg die kontoere van jou lyf
tot by die oase van lewensgewende rykdom
in die volheid van jou wysheid.

Ek verlustig my in die warmte van jou slaap
se vreugde wat…

Jy blaas en blus my vlamme

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2016 15

Is dit die landskap
van die strand in jou lyf
wat onder die streel
van my vingers verstyf

want met die goud-grof
van jou skitter sand
blus jy die vuur-vlam
van my passie-brand.

Neem jy my op reis
met perfek gekose woorde
lei my deur jou…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 703 gaste aanlyn

Bydraes – Argief