Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Droom

mamma

Deur Datum gepubliseer: 8 Mei 2021 4


my mamma was die beste
my mamma was altyd daar
my mamma het my gevoed
my mamma het my gered
my mamma was liefde
my mamma hou vas
my mamma lag
my mamma is
my mamma

©Teárlach

Toe Paasfees amper sonder eiers was. (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2021 7

Toe Paasfees amper sonder eiers was.

Carter woon saam sy sussie Ava by hulle mamma. Hy het ʼn goue bol krulle en ondeunde groen oë. Wat niemand weet nie is dat Carter ʼn groot geheim het. As sy mamma bedags gaan werk, klim Carter in sy klerekas en wikkel…

Wie sal my kan red? (goud)

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2021 3

Sal jy my kom haal
wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis
van pynskroeiende môrevrese
terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad

sal jy my in die middernagure kom red
wanneer wakkerlê my vaspen
teen die slotreël van my laaste droom
en ek myself verban na niemandsland

of moet ek eerder aan ‘n asynlappie suig
en…

woordwerke

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2021 4

op die woordbank
pluis ek gedagtes uit
geduldig gedienstig gedweë
om brose kroos te troos

gekose vokale vloei op die tong
deftig in ‘n diftong of twee
sleurend met ‘n lang klank
of snikkend jeens die dubbel konsonant

die mollige vraag koketteer
na haar flambojante uitroep
om haar neer…

Asemlose denke

Deur Datum gepubliseer: 7 April 2021 5

in afwagting se bleek
lê die kim asemloos, ongeverf en grou
in die skadu’s van die eerstelig (op die
sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag

begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek
want gebreekte stiltes het ook ‘n doel
splinterglas kan tog ook skitter en skyn en –
donker dieptes…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 350 gaste aanlyn

Bydraes – Argief