Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Droom

stories (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2021 4

stories

van my eerste onthou is daar stories
vertel aan moedersknie kindjie klein
Sus en Daan Koeloe en Kiet in die klas
Rip-van-Winkel en die Gestewelde kat
het hul spore deur my kindwees kom trap
moet nie vir Saartjie en Trompie vergeet
om terug te kom na die goue draad
van stories deur ons dag se…

geliefde

Deur Datum gepubliseer: 23 Maart 2021 5

.
my beminde hang aan ‘n doringbos
haar hare soos bruin stringe pêrels
.
my geliefde treur soos ‘n treurwilger
haar trane soos dou op die gras halms
.
my beminde vlier soos vlier bosboom
haar kleur en geur versprei in die wind
.
my geliefde vervaag soos mis voor son
haar gelaatstrekke erodeer in die niet
.
my beminde bly traag…

Skemer Drome

Deur Datum gepubliseer: 18 Maart 2021 8

Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou
een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie
onder ‘n groen druiweprieel
met gekartelde potplante
‒ hier en daar
vol Kalahari kaktusse
en bonsai boompies
een met ‘n borrelende fontein
en die fyn geur van onsterflikheid

een wat uitloop op ‘n gryspad
tot onder ‘n Jakaranda boom
waar ons vir die somerson kan…

Help my!

Deur Datum gepubliseer: 11 Maart 2021 4

Help my!

Lilly staan voor die houthut, kruis haar arms en vryf koulik oor haar bo-arms. Sy voel baie onrustig oor die erge sneeustorm wat aan die broei is. Sy besluit om eerder terug te keer na die houthut waar sy al vir die afgelope vyf jaar woon. Nie eers…

Woordmaker (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2021 7

op my werkstafel uitgestal
lê vele wroeggende woordskatte
subtiel oorweeg en uitgesoek
maar heellaas, te lig bevind

voorbeelde van diamant, robyn en saffier
fyn geslyp, afgerond en blink poleer
geklassifiseer as kosbare woordjuwele
geïnspireer deur meesters van weleer

ek wonder of ek ook beskik
oor dáárdie skeppingsvaardigheid
om skoonheid en duursaamheid
in blywende woordjuwele te set

my digtershand óók…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 68 gaste aanlyn

Bydraes – Argief