Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Familie

ek sal jou onthou

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2022 2

vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022

ek sal jou soek
in die volmaan se gloed
in die ysterklip
wanneer die geel gras
oor die veld wieg
in die hemelhoëhange
wanneer jou asem snak
in meiringspoort se gange

ek sal jou proe
in soetwyn en sushi
suiglekkers in ‘n blikkie
roomys en halva
en seafood pasta

ek sal jou ruik
in roosparfuum
lafentelolie en rooibostee
wanneer jy jouself
met…

pappa se hand (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2022 4

gespe my vas
in kepe van wysheid
sekuur geanker in die greep
van jou ervare palm van leiding

eeltgroewe van ervaring
geen gety van beswaar
maak my moedig;
maak my fluks

grof met arbeid in voorsoening
bereid om my jongboom te buig
my held

Stille waters Silwer 350 Woorde April projek

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2022 5

Die wilger se takke hang laag oor die rivier. Rippelwatersirkels vorm en klok wyd voor dit stil saam met die vloei verdwyn.Ek sluit my oë.
Jou klokkielag sny helder deur die oggendmis. Modderspore vorm waar ons aan die kant van die wal paddavissies met ‘n net probeer skep. Gillend hardloop…

Wit geskrik (Silwer) Limeriek April projek

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2022 6

Daar was eendag ‘n man van Phuket
En sy vroutjie die fraaie ou Het.
Met n skok sien ou Frans
Het is eintlik Hans
Toe hul skuinslê op die wittebroodbed.

Skatte uit my onthoukissie (Silwer 445 woorde)

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2022 5

Dit was ‘n sonnige Saterdag. ‘n Somersdag ideaal vir saamkuier en piekniek onder koeltebome. Reëlings is getref, kosmandjies vol versnapperings gepak, en die tyd vir ontmoeting by Wonderwaters se Waterpark afgespreek. Die ideale plek vir ons vroue om ‘n blaaskans te kry, bietjie op te vang oor wat in…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 175 gaste aanlyn

Bydraes – Argief