Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

O Heer

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2021 3


laat die branders bruisend strandwaarts keer
laat die wind die duine heen en weer omkeer
laat die see en alles daarin uitbundig wees
laat my siel vir altyd dankbaar daaroor sweef
laat U wil geskied O, Heer
want U is altyd in beheer

©Teãrlach

sin

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2021 3


wat maak sin vandag
die water van gister
die wind van môre
die kinders se gelag

stil-word is nie eensaam
met branders verloop tyd
dein die seevlak op en af
koester elke siel Sy Naam

vandag se sin is gister se gewin

©Teãrlach

diep

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2021 2


uitdrukkingloos
staar hy oor die see
sy hele wese daarin meegesleur
slegs die wat hom ken sal verstaan
wat onder die verweerde plooie aangaan
eeue se meeue het dit skor ingeryg
klanke wat woorde skeppend rig
aan almal wat bestaan – verstaan
wat seewaarts kyk om wysheid
uit die aardse gloed van geil
goedheid onbeperk gepeil
onverdiend ontvang
pik ‘n traan…

die lewe is ʼn mengelmoeskardoes (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2021 2

die lewe ʼn mengelmoeskardoes

vroegmôre-vreugde dans in tortelduifklanke soet
as somerson skugter stil nuwe juweel kom ontmoet
nog ʼn dag vir ons geskenk uit Sy genade so groot
as sonstrale singend saam die môrestond groet

selfs díe met hart van klip neurie saam op noot
vaste vertroue: U die wingerdstok, ek die loot
goudgeel glinsterend diamante…

om te, te

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2021 2


snedig kom die woord
“ja alweer te diep in die bottel gekyk”
“ag maar sy is so mooi, te mooi om waar te wees”
eeue oud al die gesegdes om te, te

net te laat besef hy sy fout
net te vroeg weg gespring
net te veel inhibisies wat kwel
net te min gewete om, om…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 310 gaste aanlyn

Bydraes – Argief