Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

prossedeer

Deur Datum gepubliseer: 4 September 2021 1


ek is lankal gatvol
wange staan permanent op ‘n bol
ek wil nou prossedeer
aans gryp ek my ou geweer

lente staan en wikkel
op koue voete en sukkel
om laaste koue af te skud
ysige weer terug te stoot na antarktiese put

wanneer die klippe uitroep
basuin mense klanke uit op die stoep
almagtige Here waarom
wag ons so…

Kwetsbaar

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2021 3

robot ligte skree
groen vir skietvoort
rooi sit bou stoom
geel kruip op risiko
aan 1,5 ton mineraal
en tagtig kg*
dun verpak in vel

onder yster
agter buffer zones
ontplof kussings
in veiligheid gordels
harnas sitplekke
sit tagtig kg
dun verpak in vel

ń wit middel streep
klief millimeters dun tonne staal
op hoofweg teerpad
aan altwee kant
skiet tagtig kg verby
dun verpak in vel

ag en…

lente (SILVER)

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2021 4

lente

lente-stem van die vallende water
kabbel oor rotswand na benede
so op lentedag die regte rede
met jou dogter as jou mater

saam die lente kom daar nuwe lewe
vier ons die lente-dag so heerlik
omring met soete aroma so geurlik
laat ons na nuwe lewe en dinge strewe

op wieke van soel sagte wind
kom daar vir…

Herfs (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 1 September 2021 3

Herfs

Laat die herfs jou dalk hartseer
oor die koms van winterweer?
Het die somer te gou verbygesnel vir jou?
Wou jou hart steeds naarstigt’lik aan lenteprag klou?

Raak stil en berus in die prag van die blare:
in die kom en die gaan van seisoene en jare.
Verand’ring en ylheid is slegs meetbaar, my vriend,
teen…

middeljaarskade (SILWER)

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 2

middeljaarskade

my
wissel-
vallige
wederhelf
na
jy
soos
blare
vál
en
my
takke
traag’lik
kaal
laat
staan

poog
ons
tog
deur
die
droog
omhoog

wetend
waarin
ons
wortels
vás
geanker
was

©ASvdM

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 651 gaste aanlyn

Bydraes – Argief