Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

Winter van 2021.

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2021 2

Winter van 2021.

Om en by in die middel van Maart verander iets in die natuur. Moeder Natuur is besig om haarself gereed te kry vir ʼn grootse skouspel – op haar verfbordjie is die mooiste kleure denkbaar: wynrooi, terracotta, mandaryn, vermiljoen en goud. Soos ʼn regte joolkoningin tooi sy…

tom – tom

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2021 3


drrrom – drrrom
geluide soos ‘n drom
in pas stap die golwe
met hoogwater
uit op strand

doef-ha-doef
spel metronoom
sy hartklop gestel
op sestig keer
per minuut

elke aksie gemeet
aan sy eie reaksie

©Teárlach

verward

Deur Datum gepubliseer: 29 Augustus 2021 1


letters in goud geskilder
figurante met silwer kante
baalse dresserings van genot
vorm harte en siele van klei
tog moet hy wat deelneem
end uit hardloop om
die trofee te kan
verower

©Teárlach

maskerade

Deur Datum gepubliseer: 27 Augustus 2021 6


hygend na suurstof
sit klein seuntjie en wag
sy gesig geslote en grys
om hom sit daar vaal
gesigte wat hygend
suurstof probeer
inasem uit hul
koolsuurgas
gevulde
maskers

©Teárlach

Die groen oorlog

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2021 Hou van

“Now I am become Death, the destroyer of worlds.” – Bhagavad Gita

Hulle is al beskryf as parasiete. Hulle is nie. Parasiete is suksesvol want hulle maak nie die gasheer dood nie. Hulle word deel van die gasheer; laat die gasheer alles doen om die parasiet aan die lewe te…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 131 gaste aanlyn

Bydraes – Argief