Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

Afrikaners is plesierig

Deur Datum gepubliseer: 16 Junie 2016 13

Afrikaners is plesierig
Onthou jy,
“Vlak langs die pad het ‘n boompie gestaan…?”
Bok van Blerk geskiedenis opgehaal
fors, regverdig, de la Rey – vernaam.
Afrikanerstryd- generaals rondgemaal,
nuwe held ons opstaanhoop!
Deur misdaad, regstellend verlam
die lee toekoms ingeloop
Afrikaner, verinneweertam!
Eens trotse arm wat ‘n slag slaan,
nou, vernederd en onttroon..
Bloed en sweet, als ongedaan
met die hede wat…

Ruitensboer

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 13

in elke traan
‘n diamant
in elke snik
‘n safier
agter elke donderweer
‘n reenboogrant
by elke begrafnis
word die lewe gevier

en uit die nagtelike donkerte
loer
Ruitensboer

die geskiedenis
ken geen helde
liefde, hoop en geloof
sal taan
groot gedagtes sterf almal
op…

Groenman

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 10

die punt van sy vinger
in elke sel,
sprei die groen kleurloos
oor iedereen se vel

: jy dans in die drome
van mensvlees
en ritsel saans gedagtes
deur die verstand se bome

: jy vloei in ieder hand
se aar,
soos lyne
in ‘n rougroenblaar

Hoekom het jy nie gesê?

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2016 12

Domineer jy om te wen
daar is net plek vir een
net die sterkste een oorleef.

Jy vermom jouself
op die oomblik wat gemoed hom nie kan help,
om weer later jou kop uit te steek.

Gedurig aktief op jou manier
altyd…

Wat kyk Mamma?

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2016 14

 

Ag, ek kyk maar deur die ruite
na die blou lug en die wolke
ek kyk sommer na die bome
en hoe die winde daardeur waai.

Ek kyk weer na die teerpad
en die lamppaal voor die huis
die tuin (wat bietjie droog is)
en na die kiewiet en die kraai.

Ek kyk tot waar die wit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 127 gaste aanlyn

Bydraes – Argief