Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

Snaar-spore

Deur Datum gepubliseer: 16 November 2016 13

Longe pomp
nat asem…
wasem…
dit baar woorde…

Woorde leef
sonder asem
in asem

Woorde spat,
klap,
verniel en tart

Wanneer is ‘n woord Woord?
Wanneer is ‘n woord dood?

God se Woord
is Woord

Woord leef,
Woord is brood

Woord vloei
in woorde,
soos salwings-druppels
drup-trek dit heuning drade
van goue sonstrale
teen my…

Want daar’s niks wat lewe gee soos water nie

Deur Datum gepubliseer: 15 November 2016 13

en ek’s jammer vir jou skape
en ek’s jammer oor die bees
die somers was nou drie jaar lank
net veels te droog gewees

ek weet die vleie loop nie
en die veld is dor en vaal
ek wis die son se skroei sal nog
die laaste lewe
uit selfs…

WONDERWERKERS

Deur Datum gepubliseer: 13 November 2016 17

Maria was nog baie jonk
en van Nasaret daarby –
‘n onbenullige ou dorpie
met niks besonders in te kry.

Maar op ‘n dag
kom daar ‘n engel –
(Gabriel, was sy naam)
met ‘n boodskap van die Here af
wat haar stil, verstom laat staan.

Moenie bang wees nie, Maria

SOOS NOU

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2016 23

SOOS NOU.
Lank gelede se die tyd vir ons
harte voel soos gister en eergister
wat is tyd as die hart nog voel soos nou
die tyd het net kom wys op die uiterlike
behou die soos nou so lank as wat jy kan
voor die viervliegies en skoenlappers ophou
vlieg het die tyd alles kom…

Saphira en die Toorlied

Deur Datum gepubliseer: 7 November 2016 15

Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag.

Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 194 gaste aanlyn

Bydraes – Argief