Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

Oggendvers (goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2022 7

voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ‘n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt
net ‘n paar woorde
terwyl die maan
nog in jou arms slaap
voor die klam oggend
jou wakker maak
met haar deurskynende asem
en die vrese van gister
jou naam afstof
wil ek hê jy moet altyd…

sigbare geur

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2022 3

uit die oog uit die hart
dit wil so lyk dink hy in smart
al die ure en dae saam
was toe net in naam

oomblikke van opwinding
die reuk van haar wat nie ruik nie
nie in parfuum verdrink nie
so eg vrou, aroma uniek

daardie geur sonder taal
die rit op die trein van geeste
wat sjarme…

die duin

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2022 3

van kleinsaf was dit my ding
om dié duin te kan klim
waarvandaan jy die see eerste sien
na baie jare se een vakansie per jaar
het dié duin by my ‘n obsessie geword
ek moes net op daardie duin kom
jare se voorspoed en ook teëspoed
het verby gevlieg, my getemper
my hart se wens kalmeer
en…

wense

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2022 6

.
mag jy baie geseënd wees
mag jou dae vol sonskyn wees
mag jy net gesondheid en liefde leef
mag jy baie getroue vriende en vriendinne hê
mag jou lewe vol probleme wees wat jy opgelos het
mag jou kinders jou baie lief hê en respekteer
mag elke dag se daglig jou weereens tref
mag jy in…

helder

Deur Datum gepubliseer: 12 Oktober 2022 2

.
die lewe om my is ‘n lied
gryp alles wat dit my bied
.
elke sonop is ‘n vreugde
ook duister het sy deugde
.
elke voël se mooi gesang
wil ek in my hart vas vang
.
geen propaganda glo ek
al word dit wyd gestrek
.
leef my lewe in geloof
mag Lig nooit uitdoof
.
helder is die melodie
van genade simfonie
.
©Teãrlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 250 gaste aanlyn

Bydraes – Argief