Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Visserman

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2021 Hou van

daar staan hy in sy vissersman gewaad,
in sy heimwee dink hy terug
aan eens ons geskiedenis
en praat met homself
was ek maar iets anders
maar nou is ek ‘n visserman
swoeg en sweet ek vir my gesin
maar die hele wereld lê onderstebo
hier staan ek by my skuitjie
en my verlange tuur die verte…

Hulp

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2021 Hou van

waar sal my hulp vandaan kom
my woorde is stom
bring my die vrede
hou my die skrede
in die handpalm
moet nie in Meester talm
die spykers diep geslaan
om ons sonde te beslaan
deurboor is Sy hande
sy liggaam aan bande
vir my en jou
om Hom te vertrou..

Kopiereg voorbehou
Louisa van Vliet

Sirkelloop

Deur Datum gepubliseer: 27 Julie 2021 1

magdom jare verder
onder God se Almag
beur alles na vore
oor berge en dale
tussen waterstrome en aarde
klinkende simbale ramshoring basuin
donkerwolke magtelike dreunings
beur die son steeds na vore
en werp homself oor die aarde

dae, maande, jare, eeue heen
spruit uit die wereld
die bose kringloop van alom
teenwoordige invultrasie
wat infiltreer in die mensdom
die bestaan verdoesel…

dankie

Deur Datum gepubliseer: 26 Julie 2021 Hou van

dankie: vir elke asemteug
vir elke oggend son
vir elke reëndruppel
vir elke ontluikende blom
vir elke eerlike glimlag
vir elke mooie woord
vir al die mooi mense om my
vir elke oomblik van saamwees
vir elke dag se uitdagings
vir elke dag van ouer word
vir elke mooi sonsondergang
vir elke nag se salige rus
vir elke oomblik van bewustheid

dankie: vir…

hartseer

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2021 2


sy, hy en hulle was
nou is hulle nie meer
mooi die herinneringe
sag die liefde van
vriendskap
wat nou
net
stadig
vervaag
in die sleur
van elke
nuwe
dag

©Teárlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydraes – Argief