Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Pandemie moeg

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2021 5

Pandemie moeg

ons is pandemie moeg
almal al moeg geswoeg
ons het nie meer spoed
niemand voel meer goed

nou in die derde vlaag
dit bly net aanhou knaag
hoe lank nog bly ons vra?
ons kan dit nie meer verdra

veertig jaar in die woestyn
dis hoe dit vir ons voel
wanneer hou dit tog op
ons is nou…

dit is

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2021 6

waarheid is soos die silwer soom
wat wegsak in die nat sand van ‘n strand
een oomblik skyn dit in helderheid en borrel
plesierig beweeg dit trots in eie lewens genot
dan sak dit weg in die diep onder sand en skulpe
waar dit stadig terugkeer na die see se water tafel
waarheid is soos…

stilstuipe

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2021 4


duister is die nag
wat sonder Sy gesag
die nuwe dag nader

bitter is die dag
wat sonder Sy gesag
skemer aand nader

duine sonder kind
blaas golwe in die wind
na oorde onbekend

gedagtes sonder siel
maak verstand imbesiel
kermende lugleegte

digter sonder woorde
skryf net leë akkoorde
ego so leeg soos lyk

©Teárlach

semper vide

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2021 4


kragtig hoër styg die lied
soos golwe gedryf deur wind
teen hawehoof op tot oorloop toe
met wit skuim om die mond
jaag dit gedagtes vry rond
spreek dit tale oop -toe
vertrou altyd – glo
dit is die regte
ding om te
doen

staan ek en peins
op die duin se muur
semper vide op my God
is dit goed…

Stom

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2021 7

As die son opkom oor die hemel se koepeldak
en skyn oor die gehuggie waar ek plak
ruk my hart krampagtig saam
dat ek voor sulke skoonheid mag staan.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 212 gaste aanlyn

Bydraes – Argief