Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Satan sang

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 11

Jy met jou lostorring
snymessie tong
torring al my nate los
Jy kom lê en loer
na alles wat ek doen
Jy ruik my swakhede op
Jy weet waar om jou nes te maak
in die warboel van my siel
Ek volg jou so sit-sit
maar so draai die wiel.
Torring maar satan
torring maar los
ek sal jou oorwin
maak nie…

Die minaret

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2016 8

Die minaret

Die minaret
rank slank en pik ‘n net
klein kus fynjies
na die sterretjies
met ‘n spits tuit bekkie
en skalkse kykie
om bedags weer teen die blou
lug streng en getrou
as vingerwysing
te dien vir gesiene en gering—
Lank na hanekraai
as daglig stadig lamppit…

Verrukkende Verlange

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2016 19

Ek onthou -nes kindwees- die vlootbloue berge
voor die skemer die klowe verskadu tot swart
en hoor in verbeelding die kla in die verre
as ‘n demproep van ‘n vleiloerie vol smart.

̕Ek bepeins in die oggend, na na-nag se sterf,
die frank van wilderosyn en soetdoringgom
en verlange vervleg deur in gisters te swerf
as…

Sigbare vlees en onsienbare gees (Carpe Diem – “Gryp Die Oomblik” Sonnet)

Deur Datum gepubliseer: 9 April 2016 18

Die son bestryk verblykte blare goud
in herfs se matte okerkleurigheid
en tussenspasies skaduwees verkoud,
verdwaal in swak-onthou vergetelheid.

Maar vooraand word windstiltetjies ‘n bries
wat geil en dwarrels teen die kranse gier;
die skamelsyfering uit rotse vries
langs witgekalkte nes van lammergier.̀

Wit lê die ryp om bogrondgroei te weer
en roesgevlekte blare te laat sterf
om so…

Genade

Deur Datum gepubliseer: 9 April 2016 6

Genade

Sondaar soekend
hart roep na God.
Onkundig vloekend
eer geen gebod!

Weifelende lewe
leeg sonder sin.
Niks voor te strewe
geluksvrede is min!

Dolle gemoedstoestand
moeg gestry!
Voos uitgebrand
eindeloos gely!

Lewensvreug gejaag
sondaarsin ervaar.
Verwoes, verlaag
opgeleef en klaar!

Skuldig, is verdoem
verklaar gevonnis.
Godsgenade roem
salige kennis.

Dan genade, vergewe
verlos uit ellendesaak.
Oorvloedige Godslewe
alles nuutgemaak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 71 gaste aanlyn

Bydraes – Argief