Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

VIA DOLOROSA – DIE PAD VAN PYN

Deur Datum gepubliseer: 26 Maart 2016 15

Lag-lag skinder lag
verstoot, bebloed stap die Timmerman
deur Romeinse kleiteëlpaaie
na spykers wat op Golgota lê wag

Die uitverkore nasie spoeg en jaag die donkie
met uitgedroogde palmblare weg
spoeg beledigende woorde
dra Jou eie kruis

Skarlaken gedrapeerde mensgemaakte soldate
jaag die nasie weg van Pontius…

Ons skuld is vereffen

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2016 14

Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap
terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap
’n doringkroon is op Sy hoof neergesit
sodat omstanders daaruit genot kon put

Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis
tussen twee sondaars aan die wêreld gewys
met spykers deur hande en voete geslaan

Kerklike Mafia

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2016 10

Die trotse adel van die kerk
in felle haat gesterk
en hovaardig geklee in purper gewaad,
terugskouend soos ‘n kerklike mafia,
sing in magsvertoon hul eie Gloria—
Die Lam so onwaardig geskaad
se gees en siel met glans en heerlikheid omhul
is tydelik met plaasbeklederskuld verhul
maar het weer in opstandingsglorie deurgebars
en oorskyn ons bose natuur…

Paasfees

Deur Datum gepubliseer: 17 Maart 2016 26

Paasfees

Hulle spot en sê dis ‘n ou cliché,
‘n holruggeryde mite jaarliks eenders ingeklee,
maar deur die eeue eggo dit ewig nuut,
dein dit wêreldwyd uit in heilige saluut:
“Die Here het opgestaan,
Hy het waarlik opgestaan,”!
sodat ons ook kan opstaan
uit ons sondige…

Eie Afgrond

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 12

Soos strome klots oor klippe
van vinnig-vloeieind’ rivier
kronkelend deur klowe
in malende massa
oor waterval rant stort
om as skuimend’ maalkolk
onder weer dowwer word

Rustig verder voortvloei
tussen geilgroen oewerbank
selfgevormd’ weg vind
tot by die oopbek wag
van massiewe oseaan

So ons lewenswandel
oor…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 678 gaste aanlyn

Bydraes – Argief