Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Vra my dit

Deur Datum gepubliseer: 23 April 2016 9

Vra my nie
my verdraagsaamheid –
dis in ‘n put gedompel
na ’n vreedsame land
se helse verdeeldheid

Vra my nie
my geduld en hoop –
dit het verlore geraak
want ek is totaal kaal
van menswees gestroop

Vra my nie
my skatte wat blink –
krummels…

Episode vier: In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2016 17

Die dae was skynbaar goed; die kalmte en wyn soet …

Teen die einde van my derdejaar het wat eens ’n “surfer-image” jongman was, verander na ’n besige belangrike en ge-agte rolspeler in die studentelewe koekon. Die Nissan het plekgemaak vir ’n amper nuwe 3-reeks BMW met sy eie Baie…

Op die asem van ‘n Pinksterwind

Deur Datum gepubliseer: 22 April 2016 12

waar Pinksterwinde
in lank vergete doringskrif
vergifnisbriewe oor die aarde skryf
hier waar sonde so welig bloei
seerkry-wonde om genesing stoei

as daglig dan skaam
verby beloftewolke loer
om stuitig vir die son te koer
staar ons met splinteroë
deur gebroke rame
sien slegs ‘n spieëlbeeld
van eie ego (in lasuurblou)
vir dit – wat ons wil onthou

skeur natuur se klank-katedraal…

Droogte

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2016 11

Van Blinkpan se kant dwarrel die stank van gevrekte skilpad en vis
want sy fonteine lê droog en sy bronne verdor in gloeiheet se sis.
En die sonbesies se skril het ook lankal verstil, verstik in stuifsand
wat bar, aried reën-arm sandhose vir nog meer dorheid verpand…

O, God, sal ooit ‘n swanger…

Sneeuwit Teen Swart en Droef

Deur Datum gepubliseer: 21 April 2016 10

Swart en droef
loer hy oor die rant
van vals geluk
as Skoppensboer
wat slobber
in sy haat en hoon
met vermeende mag
oor God se Liefde
onbesmet

want lankal reeds
het hy met jaloesie
se roesigheid
gelê en sinister
met nyd gewag
vir Wie die Hemel
om hom heen sou priem

maar sneeuwit
het uit my hart se skroot
ons God se lig geskyn
om reddend uit…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 112 gaste aanlyn

Bydraes – Argief