Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Stil word vir God

Deur Datum gepubliseer: 13 Augustus 2021 7

daar bo-op Mariepskop
daar raak ek stil
en dank die Here
vir goed groter as ek
dis waar ek die Here my God
vrees, want vrees vir my Here
beteken dat ek Hom waardig ag
bokant alles hier op aarde
tussen rotse en klippe
wat bokant my uitstrek
waar net God se hande
met soveel…

Waar Liefde Eindig

Deur Datum gepubliseer: 12 Augustus 2021 6

Na tien jaar in die gevangenis, is dokter Zuluika Zuess vry, en haar enigste begeerte is om uit hierdie land, weg van haar verlede se hartseer te vlug, en nooit weer terug te kom nie.
Sy aanvaar die vier maande Locum posisie in die Hood gebergtes in Amerika, met die…

Deurdruk Glimlag

Deur Datum gepubliseer: 11 Augustus 2021 2

Deurdruk Glimlag

Regdeur die Himalaya’s tot Mount Everest se hoogste kruin,
waarlangs ek daagliks beur
het my gelowige stapskoene hul sole al erg verweer
genadiglik word ons wandelweg ook met veggees ingekleur

Berge sal jy blindelings klim teen ‘n linieêre lyn
as donkerte toesak en die son nie meer oor jou aangesig skyn
hierdie onverstaanbare…

hoe, waar , wanneer

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2021 1


soos die see se deining
soos die golwe se reëlmaat
soos die seisoene verander
die maan en die son draai
soos die aarde beweeg
soos mense gebore
getoë en getroud
raak en sterf
so is alles
gestel
net
geen
mens weet
hoe, waar
of wanneer

©Teárlach

lig verlig verlore

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2021 Hou van


Sy woorde
weergalm steeds
oor die golwe by die see
moet nooit die Gees van God
bespot of verloën nie
selfs in die mees
verligte eeu
van mens
se verval
kan dit net
slegte gevolge
ewige verwarring
aan jouself en jou
naaste bring
vir een aardse
oomblik voel jy
dalk ‘n brawe
held – maar
niks kan
jou ooit weer
met vrede
vul nie

©Teárlach

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2 723 gaste aanlyn

Bydraes – Argief